die afrikaner fees
‘n Viering van ons Taal, Kultuur en Erfenis
In 2025 vier ons die 100-jarige bestaan van die Afrikaanse taal, en wat is 'n beter manier om dit te doen as by Die Afrikaner Fees?

Hier kom gesinne en gemeenskappe saam om ons identiteit, geskiedenis en lewende kultuur te eer - by die ikoniese Voortrekker Monument in Pretoria.

Die Fees bied ’n unieke geleentheid om die rykdom van Afrikaanse kuns, musiek, kos en tradisies te ervaar. Dit gaan nie net oor vermaak nie, dit gaan oor trots, oor erfenis, oor ons.
Doel van die Fees

Die Afrikaner Fees het ten doel om:

• 'n platform te bied vir die viering en bevordering van die Afrikaanse taal en    kultuur.
• 'n nalatenskap te bou vir toekomstige generasies.
• 'n gevoel van eenheid en trots te versterk binne die Afrikaanse gemeenskap.



Waar Musiek, Erfenis en Gemeenskap 
Onvergeetlike Oomblikke Skep

Koop Kaartjies!

Waar en Wanneer

Sluit aan by duisende feesgangers hierdie November by die ikoniese Voortrekkermonument, waar ons saam 100 jaar van die Afrikaanse taal vier. Dis ’n een-dag viering van erfenis, musiek en gemeenskap - met van die grootste Afrikaanse kunstenaars in Suid-Afrika op die verhoog.

29 November 2025
Hekke open om 11:00
Voortrekker Monument,
Pretoria, Gauteng
Kunstenaarslys
- Danny Smoke
- ⁠Liezel Pieter’s
- Irene Louise Van Wyk
- ⁠Tamlyn Wessels
- Dozi
- ⁠Juan Boucher

Dis net die begin — hou aan kyk vir nóg groot onthullings!

Vrae wat mense vra:

Waar is die fees?
By die Voortrekker Monument in Pretoria. Parkering sal beskikbaar wees.
Mag ek kinders saambring?
Ja — dit is 'n familie-vriendelike geleentheid. Kaartjies vir kinders onder 6 is slegs R25.
Hoe koop ek kaartjies?
Klik op [Koop Kaartjies] en voltooi jou aankoop veilig via Tixsa.
Sal daar kos en drank wees?
Ja, met alles van tradisionele geregte tot moderne snacks, kroeë en gin bars.